Sluit by ons aan vir ‘n gesprek met Ilse van Staden, skrywer van Palimpses, op Dinsdag 7 Mei vanaf 15:30 tot 17:00. Palabra is ʼn woord op soek na haar oorsprong en Palimpses is haar reis – deur mensword en verhoudings, van die binneland na die kus na die buiteland. Die digter en vertaler, Daniel Hugo gesels met die skrywer oor haar digterskap, en fokus op haar onlangse digbundel, Verveertaal.

E-pos vir Carin by info@oudeleeskamer.org om jou plek te bespreek.