Kom geniet die bekendstelling van Piaf & Brel. Luisterryk!, ’n bundel Afrikaanse vertalings van 53 van Édith Piaf en Jacques Brel se bekendste chansons, op Woensdag 27 September om 18:00 in Jannie se Leeskamer. Bernard Odendaal, ʼn Afrikaanse digter en literator wat oor die afgelope twee dekades saam met die hoogleraar in Frans, Naòmi Morgan, aan die besonder digterlike vertalings gewerk het, sal belangstellendes inlig oor en vermaak met alles wat tot dié publikasie aanleiding gegee het. Fotomateriaal van en klankopnames uit kabaretvertonings en CD’s wat al uit die vertaalprojek voortgespruit het, sal die bundelbekendstelling vergesel. Kopieë van die bundel, soos uitgegee deur Imprimatvr, sal vir kontantaankope beskikbaar wees.

E-pos vir Clara by events@oudeleeskamer.org om jou plek te bespreek.