Kom ontdek die delikate proses van hoe om die emulsielaag van ‘n Polaroid te belig en dit dan op pragtige papier oor te dra. Begin met ‘n enkel Polaroid om jou tegniek in te oefen, en skep dan ‘n asemrowende kunswerk deur ses Polaroids aan te wend. Teen die werkswinkel se einde sal jy ‘n nuwe vaardigheid kon baasraak en iets mooi kan wys om huistoe te neem of as geskenk vir geliefdes te gee. Het jy enige ou Polaroids? Bring hulle saam! Al wat jy nodig het is ‘n selfoon met digitale of geskandeerde film foto’s om te druk met behulp van ‘n Polaroid Lab.

Kostes verbonde: R1200 per persoon (met alle materiaal en verversings ingesluit).

Stuur gerus vir Clara ‘n e-pos by events@oudeleeskamer.org om jou plek te bespreek.

Saterdag 21 September vanaf 10:00 ttot 14:00 in ons galery.