Sluit by ons aan vir die bekendstelling van Polkadraai deur Poolse vertaler, digter en akademikus, Jerzy Koch op Dinsdag 30 April vanaf 15:30 tot 17:00. Hy verleen ’n unieke en boeiende stem in die Suid-Afrikaanse digkuns. In hierdie nuwe versbundel gooi hy vanuit Pole ’n polkadraai deur die taal en die land.

Die digter en vertaler, Daniel Hugo gesels met die skrywer oor sy liefde vir Suid-Afrika, sy debuutdigbundel, Pleks van plaas, en sy driedelige studie van die Afrikaanse letterkunde.

E-pos vir Carin by info@oudeleeskamer.org om jou plek te bespreek.