Hetsy jy ’n opkomende kunstenaar of ’n gevestigde praktisyn is wat jou loopbaan na die volgende vlak wil neem, hierdie eendagwerksessie oor professionele praktyk, The business of art – Managing your art career, bied praktiese hulpmiddels vir die bou van ’n volhoubare loopbaan in visuele kuns.
Die interaktiewe program, onder leiding van kunskonsultant Les Cohn van Art Source South Africa, ondersoek loopbaanbeplanning, bemarking, prysbepaling, die rol van galerye en museums, kuratoriese praktyk en die werklikhede van die kontemporêre kunsmark. Hierdie hoogaangeskrewe kursus, geskoei op meer as sestien jaar se ondervinding in werksessies oor professionele ontwikkeling regoor Suider-Afrika, rus kunstenaars toe met die kennis, strategieë en selfvertroue om die kunswêreld te navigeer en ’n florerende professionele praktyk te ontwikkel.
Koste: R1000 (hulpbronboek met aantekeninge wat verband hou met die PowerPoint-aanbieding en drankies ingesluit). Studente betaal ‘n afslagtarief van R600.
Kliek hier om te bespreek!
Taal: Engels
