Na die sukses van ons eerste Skrywersaand, nooi ons jou graag uit na ons tweede geleentheid in hierdie reeks op Donderdag 11 April vanaf 18:00 tot 19:30 saam met skrywers Andrew Brown en Lester Walbrugh. Jonathan Amid sal die vrae vra en uitvind of hul skryfwerk wel die gemaklikes versteur en die versteurdes vertroos. Toegang is gratis vir die publiek, maar bespreking is noodsaaklik om teleurstelling te voorkom.
Stuur ‘n e-pos aan Délani by events@oudeleeskamer.org om jou sitplek te bespreek.