Wegkruiper, Christelle Wessels se vierde spanningsroman, wys in watter nagmerrie ’n dorp ontaard wanneer die sondes van die verlede ’n gemeenskap inhaal. Swyg, ook Erla Diedericks se vierde spanningsroman, snuffel heerlik tussen die geraamtes van die akademiese en uitgewerswêreld. Beide skrywers maak die afgelope klompie jare groot naam vir hulself as verbeeldingryke en vaardige skeppers van spanning en intrige, met onvergeetlike karakters en hope aksie en drama. Sluit die aand by ons aan vir ‘n heerlik loslittige gesprek tussen die twee skrywers en Jonathan Amid soos die drietal die koring van die kaf skei wanneer dit kom by die skep van naelskou-misdaadfiksie.
Donderdag 31 Oktober vanaf 18:00 tot 19:30 in Jannie se Leeskamer.
Klik asseblief hier om te bespreek.
Taal: Afrikaans