Sluit op 10 November om 18:00 by ons aan in Jannie se Leeskamer vir ’n aand van poësie met Sarah Uheida in gesprek met digter Deborah Seddon.

Deborah Seddon is gebore en getoë in Harare, Zimbabwe, maar het na Suid-Afrika geëmigreer, waar sy nou woon en werk. Sy is tans ’n senior lektor in die Departement Literêre Studies in Engels aan die Rhodes Universiteit. Tydens haar loopbaan as akademikus het sy essays, hoofstukke, artikels en resensies tot ’n wye verskeidenheid akademiese publikasies bygedra. Haar poësie is in verskeie tydskrifte, sowel plaaslik as in die buiteland, gepubliseer en is op die kortlys vir die Gerald Kraak-toekenning en die New Contrast National Poetry Prize geplaas. Magnitude is haar debuutbundel.

“Dit is poësie wat ’n traan in die oog bring en dit met die droogste humor afvee. ’n Volwasse debuut deur ’n begaafde skrywer.” – Nathan Trantraal

Kliek hier om jou plek te bespreek.

Taal: Engels

Kliek hier vir meer inligting.