Sluit aan vir ’n aand van poësie saam met Suid-Afrikaans-Kanadese digter Klara du Plessis en vriende van Karavan Press. Klara het reeds verskeie bundels gepubliseer, maar Ek’t Act is haar eerste Suid-Afrikaanse digbundel en dit is heeltemal tweetalig.
“Poësie bestaan nie net as ’n gefetisjeerde teks nie, maar funksioneer as ’n beliggaamde en relasionele ekosisteem van maak, klank, dokumentering en hermaak – dikwels in gesprek met gehore.” — Klara du Plessis
Kliek hier om te bespreek.
Taal: Afrikaans en Engels
Datum: Donderdag 18 September vanaf 18:00 tot 19:30 in Jannie se Leeskamer.
