Sluit by ons aan vir ‘n Skrywersaand saam met Eckard Smuts, verbonde aan die Departement Engels van Universiteit Stellenbosch, in gesprek met die wonderlike Simon van Schalkwyk oor sy jongste digbundel, Zero Summer. Van Schalkwyk werk in die Departement Engels aan die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) en het die afgelope jare opgetree as Departementshoof, as mederedakteur van Safundi en as akademiese redakteur van die Johannesburg Review of Books. Hy het ’n MA in Moderne en Kontemporêre Poësie van die Universiteit van Bristol in die Verenigde Koninkryk; en sy BA Hons- en PhD-grade in Engelse Letterkunde is van die Universiteit van Kaapstad. Sy gedigte is wyd gepubliseer. Hy is ’n ontvanger van die Philip Stein-toekenning vir Poësie. Sy eerste digbundel, Transcontinental Delay (Dryad Press, 2021), was ’n finalis in die Nasionale Instituut vir die Geestes- en Sosiale Wetenskappe-toekennings (Poësiekategorie), terwyl sy akademiese monografie, Robert Lowell’s Imitations and the Cold War: Containment, Leakage, Anarchy, in September 2025 deur Bloomsbury Academic gepubliseer is.
Moenie hierdie besonderse aand van poësie in samewerking met Dryad Press misloop nie.
Bespreek jou sitplek hier.
Taal: Engels
