Hierdie roman is ‘n uitstaande vertoonvenster vir die African Gothic genre: die teks snoer klassieke tekste van waansin en vroulike rebellie saam met elemente van die jingoïstiese romans van Victoriaanse avonturier H. Rider Haggard. Die anonieme verteller spin ‘n web van woorde ‘n eeu terug in die geskiedenis, spesifiek oor koloniale besit – polities, geestelik en verstandelik – om ‘n besonderse verhaal te verbeel wat handel oor verowering en aanhouding, beheer en ontwrigting. Hierdie verhaal word vertel vanuit die perspektief van die ‘half-gebroke’ mans en vroue. Ewe ‘half-gebroke’ is diegene wat verontmenslik word deur hul waansinnige winsbejag en ambisie. Ndlovu balanseer menslikheid met wreedheid, en die eindproduk is ‘n onvergeetlike optekening van liefde en die magiese.

Sluit aan by Jonathan en Siphiwe soos hul bespreek wat dit verg om so ‘n uitstaande ‘letterkundige spookstorie’ te verbeel en hoekom ons die verlede altyd saamdra.

Taal: Engels

Stuur gerus vir Délani ‘n e-pos by events@oudeleeskamer.org om jou sitplek te bespreek.

Donderdag 12 September vanaf 18:00 tot 19:30 in Jannie se Leeskamer.