Sluit aan by Jonathan Amid vir ‘n Skrywersaand met Theresa Papenfus en Elmaré Lombard in Jannie se Leeskamer op 15 Augustus. Elmaré Lombard is ’n afgetrede sielkundige, dromer, liefhebber van mense, diere en plante en ʼn vasbyter. Haar eerste boek, Wildepruim, wys op die ironie van die lewe: Die eenvoud van ’n karige lewe lei tot waardering, vrolikheid en humor, en die letsels van die lewe ontsluit ʼn uithouvermoë, lewensvreugde en positiewe energie. In Sing, Mamma, sing pen die skrywer en uitgewer, Theresa Papenfus die frustrasie, teerheid, verwondering, trots en benoudheid wat elke ma ken neer. “Voor ek vergeet. Voor hulle groot is, weg, in ’n oogwink.” Sy sal notas maak oor haar kinders, besluit sy voor haar jongste se geboorte. Die gesprek tussen Jonathan, Elmaré en Theresa beloof om uit die hart en een vir die boeke te wees.

E-pos vir Délani by events@oudeleeskamer.org om jou plek te bespreek.

Donderdag 15 Augustus vanaf 17:30/18:00 tot 19:30 in Jannie se Leeskamer.

Taal: Afrikaans