Ons verwelkom Audrey Veronica Jantjies van Swellendam as ons inwonende skrywer in die Skrywerskamer van 18 tot 29 Junie, in samewerking met die Jakes Gerwel-stigting.
Audrey is ’n alumna van die Jakes Gerwel-stigting, waar sy haar debuutroman, As die katjiepiering blom, onder mentorskap van Suzette Myburgh verfyn het. Audrey is ’n gereelde skrywer op Netwerk24 en glo daarin om stories van haar mense van Suurbraak en haar grootword-wêreld te vertel. Tydens haar verblyf sal sy aan haar tweede manuskrip werk.
