Ons verwelkom met trots Miriam Telanie as ons inwonende skrywer in die Skrywerskamer van 30 Junie tot 14 Julie, in samewerking met die Jakes Gerwel Stigting.
Miriam is deel van die Jakes Gerwel-alumni, waar sy haar debuutroman onder mentorskap van Suzette Kotzé-Myburgh verfyn het. Tydens haar verblyf werk sy aan haar nuutste manuskrip.
