Oude Leeskamer, in samewerking met die Jakes Gerwel-stigting, verwelkom graag vir Theolla Langenhoven as ons volgende inwonende skrywersgas vanaf 26 Oktober tot 9 November.
Theolla, verbonde aan die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK), het reeds ’n veelsydige skrywersloopbaan opgebou. Verskeie van haar kortverhale en rubrieke het sedert 2014 in Kuier verskyn, terwyl haar poësie ook in versamelbundels opgeneem is. Haar gedigte “Hou jou bek!”, “Die danger was toe in die huis” en “Hartklop van ’n ma” verskyn in Poets vannie Kaap: Lekka Poems, Volume 2, en “My pa die chameleon” is in Inkspraak, Volume 3 (2022) gepubliseer.
In 2023 het haar gebedsboek vir tieners, Die Here kom sterk deur, verskyn. Die boek het ’n Cape Flats Literary Award for Teenagers’ Books ontvang.
Haar debuutroman, Soetroos van Saron, is in Junie 2026 deur Kwela Boeke uitgegee. Theolla het aan die Jakes Gerwel-stigting se 2024 Bosberg-boekskryfresidensie deelgeneem, waar sy onder mentorskap van Suzette Myburgh aan haar manuskrip gewerk het.
Theolla is vanjaar gekies as een van die deelnemers aan die Tweede Boekskrywers-residensie, ’n samewerking tussen die Jakes Gerwel-stigting en die Jannie Mouton-stigting se Oude Leeskamer, wat debuutskrywers die geleentheid bied om met verdere mentorskap aan hul tweede boeke te werk.
Tydens haar verblyf by Oude Leeskamer sal Theolla weer saam met Suzette Myburgh aan haar tweede manuskrip werk. Dit is haar derde skrywersresidensie deur die Jakes Gerwel-stigting – ’n geleentheid waaroor sy besonder opgewonde is.
Ons sien daarna uit om Theolla in die Skrywerskamer te verwelkom en haar die ruimte te bied om te skryf, te dink en haar volgende
