Sluit op 21 Augustus om 18:00 by ons aan in Jannie se Leeskamer vir ’n praatjie met ons Skrywerskamer se inwonende skrywer, Juliette Mnqeta, en die bekroonde skrywer, joernalis, redakteur en dosent in kreatiewe skryfwerk, Mike Nicol.
Juliette Mnqeta se debuutroman If the dead could talk (2025), wat in Knysna afspeel, handel oor die jong sielkundestudent Azania Sethosa, wat antwoorde oor haar pa se dood soek.
Resensent Beryl Eichenberger deel haar indruk soos volg:
“Oh my, if the dead could talk what stories they would tell and, while we know that forensic evidence reveals so much, it’s the life that holds the clues. […] Mnqeta draws you in, spinning you into a vortex of jealousies, corruption, power – and a little love for good measure. Her light touch is bright and spunky!”
Mike Nicol se nuutste roman, Falls the shadow, word deur die uitgewer Pan Macmillan beskryf as die begin van ’n langverwagte nuwe misdaadfiksie-reeks wat die rol van die polisie sedert die begin van demokrasie in Suid-Afrika ondersoek. Nicol het nege romans in sy twee vorige misdaadreekse, die Bishop-reeks en die Fish and Vicki-reeks, gepubliseer. Hierdie romans is almal ook internasionaal gepubliseer.
Hierdie gesprek tussen ’n blink nuwe ster en ’n reus van die genre beloof insig in die kuns van misdaadskryfwerk – en hope humor.
Bespreek jou plek hier.
Taal: Engels
