Ons is baie opgewonde om julle uit te nooi na ’n aand saam met die Stellenbosch Outdoor Sculpture Trust op Donderdag 8 Februarie van 18:00 tot 20:00. Sluit asseblief aan by die trustees van die SOST en Private Kliënte by Old Mutual Wealth vir ’n unieke, persoonlike ontmoeting met Brenda Goldblatt, dogter van wyle David Goldblatt, in gesprek met Ashley Walters.  

As werkende kunstenaar en hoof van fotografie aan die Universiteit van Stellenbosch gaan Walters ’n bespreking lei met Brenda waarin hulle gaan kyk na haar pa se nalatenskap en fotografie as ’n argief van die gemeenskap: ’n visuele versamelde herinnering. Dit val saam met die huidige buitenshuise fotografieuitstalling rondom Stellenbosch, waar een van David Goldblatt se foto’s, The house-painter and his family, Pretoria Street, Hillbrow, January 1973, uitgestal word teen die Black Horse Accommodation-gebou in Markstraat.