Sluit aan by Jonathan Amid en Riku Lätti, sanger en liedjieskrywer, vervaardiger, skrywer, en filmmaker, om Riku se digkuns-debuut, Taboek, te bespreek. Die gedigte, beslis ‘n versameling wat die tonge sal laat klap oor die volgende ruk, sal die duo die geleentheid bied om dieper te delf in wat Danie Marais beskryf as “aangrypende meditasies oor die heilige en die onsekere.” Riku sal ook die middag voorlees uit die bundel en die gehoor kan ‘n stimulerende, selfs opspraakwekkende, gesprek verwag.
Woensdag 24 Julie vanaf 15:30 tot 16:30.
Stuur gerus ‘n e-pos aan Carin by info@oudeleeskamer.org om plek te bespreek.
Taal: Afrikaans