In Troep vertel meer as ’n honderd oud-troepe wat hulle onthou van diensplig: om op skool opgeroep te word, te gaan oorlog maak en twee jaar later weer huis toe te kom. Tussenin lê stories van varkpanne, tiekiebokse, twee-komma-viers, boeliebief, die DB, ryloop, pakkies, bosbussies, naweekpas, ratpacks, stof, Buffels, landmyne en skrapnel – en ook herinneringe van vriende, seuns en broers wat nie teruggekom het nie. Ervare joernalis en redakteur Bun Booyens voeg al hierdie stemme saam tot die verhaal van die uitsonderlike dinge wat duisende gewone seuns beleef het. Hierdie stories sal ’n snaar by veterane roer, en hul naastes help om te verstaan watter dinge hierdie mense vandag steeds met hulle saamdra – dit wat hulle onthou, maar ook dit wat hulle nie kan vergeet nie. Bun Booyens sal met Jonathan Amid gesels.

Klik asseblief hier om te bespreek.

Woensdag 6 November vanaf 15:30 tot 17:00 in Jannie se Leeskamer. 

Taal: Afrikaans