Die klein- en grootskerm gons behoorlik van die reekse en films verwerk vanaf oorspronklike boeke. Sluit by ons aan op 27 Augustus vanaf 17:30/18:00 tot 19:30 in die Oude Leeskamergalery vir die Van-Boek-tot-Skerm reeks se eerste aflewering. Hans steek die Rubicon oor, die geliefde boek deur Rudie van Rensburg, is as grootskerm sukses verwerk deur regisseur-, draaiboekskrywer- en vervaardigerduo Corné en René van Rooyen. Sluit aan by Leon van Nierop vir ‘n gesprek tussen die skrywer en die duo vir ‘n agter-die-skerms-blik oor wat dit behels om ‘n boek te omskep tot ‘n lokettreffer.

Silwerskermfeeswenner 2023 – Beste film en 2024 SA nominasie vir die Septimus Toekennings.

E-pos vir Délani by events@oudeleeskamer.org om jou plek te bespreek.