Begin die oggend met ’n heerlike storie wat geïnspireer is deur die wonders van die natuur. Ná die voorlesing verken kinders blare, blomme, gras en ander natuurskatte terwyl hulle hul eie pragtige natuurkrone maak. Hierdie vrolike werksessie moedig kreatiwiteit, verbeelding en ’n verbondenheid met die natuur aan.
Neem asseblief kennis dat hierdie werkswinkel ’n kort uitstappie na die Stellenbosch Kunsmyl se Vetplantfeetjies-installasie en park insluit, waar deelnemers van die materiaal vir hul natuurkrone sal versamel. Ouers of voogde moet kinders vir die duur van beide van hierdie werkswinkel vergesel.
Klik hier om vir Dinsdag se werkswinkel te bespreek en hier vir Donderdag s’n.
Taal: Afrikaans & Engels
