Vlindervreter is ‘n waarlik unieke digbundel deur die bekroonde visuele kunstenaar Christiaan Diedericks en die hoog aangeskrewe digter Melanie Grobler. Sluit 31 Julie vanaf 10:00 tot 11:00 by Jonathan Amid aan: in Jannie se Leeskamer kom hy agter die kap van die byl wat betref die goue middeweg en harmonie tussen Grobler se woordkuns en Diedericks se onvergeetlike beelde. Diedericks se werk is Sadhu-geinspireerd; met simboliek vol hoop en heling onderskraag dit die bundel se klem op transformasie en die soeke na die eie ek. Vlindervreter konkretiseer die verbintenis en kreatiewe samekoms tussen kunstenaar en skrywer – ryke en fassinerende terrein, inderdaad.

Kontak gerus vir Délani at events@oudeleeskamer.org om plek te bespreek.

Taal: Afrikaans