Sluit aan by die boekbekendstelling van voormalige diplomaat Quintus van der Merwe se nuutste roman, Voor dit te laat is. Ons verwelkom jou graag in Jannie se Leeskamer vir ’n gesprek tussen die skrywer en dr. Cornelia Malherbe, Senior Lektor in Bedryfsingenieurswese aan die Universiteit Stellenbosch, op Saterdagoggend 11 April om 10:30.

Van der Merwe, wie se vorige romans Die blou van ons hemel (2007), In landsbelang (2010) en Om te lewe (2022) met lof ontvang is, deel in hierdie nuwe publikasie weer sy fyn waarnemingsvermoë en insig in die menslike toestand as gesoute wêreldreisiger en skrywer.

Kliek hier om jou plek te bespreek.

Taal: Afrikaans