Sluit aan by Daniël Hugo vir die boekbekendstelling van Jennifer Pape se digbundel, waar daar eens ‘n see was op Saterdag 24 Januarie 2026, om 10:00 in Jannie se Leeskamer.

Jennifer Pape is gebore op Hennenman in die Vrystaat. Sy verwerf ’n BSc-honneurs in Geologie aan die UOVS en later ’n MSc in Geochemie by Wits. Sy skryf sedert haar studentejare gedigte, maar begin eers ernstig dig nadat sy die Stomme Jonge-digklub in Stellenbosch gestig het. Sy publiseer ’n handvol gedigte in Ons Klyntji en behaal die tweede plek in die Afrikaanse afdeling van die 2022 AVBOB-poësiekompetisie.

“op hierdie plek hier waar ek nou staan

tussen bitterbosblomme en stapels klip waarlangs

’n skaaphond waak oor kaalgeskeerde skape 

was daar eens ’n see

ek weet dit want onder my voete

is die fossiel van ’n vis en twee verdrinkte vroue

teen die heuwel is oorblyfsels van hul huis

gebou met skulp en klei

en daar is ’n waterigheid in die verte

soos sweet op jou vel

toe jy nog bokke gejag het saam met !kweiten-ta-//ken

oor hierdie karooveld

waar daar eens ’n see was”

Kliek hier om jou plek te bespreek.

Taal: Afrikaans