Sluit by ons aan vir die boekbekendstelling van Bettina Wyngaard se Wat sê Bettina?, op Dinsdag 18 Junie vanaf 18:00 tot 19:00 in Jannie se Leeskamer. Bettina is wyd bekend vir haar weeklikse rubrieke vir LitNet en as iemand wat opstaan vir reg en geregtigheid. Haar nuutste boek bestaan uit ‘n paar van haar gunsteling-meningstukke. Sy het juis hierdie versameling gekies om nie net nog ’n eggokamer te wees van waarin mense glo nie, maar om hulle aan die dink en aan die gesels te kry. Kom luister saam na die gesprek tussen Naomi Bruwer en hierdie gesoute Overbergse skrywer en eertydse prokureur.
E-pos vir Carin by events@oudeleeskamer.org om jou plek te bespreek.
“Dankie tog vir Bettina. ‘n Broodnodige stem in Afrikaans.” – Marita van der Vyver