Stellenbosch Toyota Woordfees is om die draai! Strauss & Co sal weer die Oude Leeskamer ruimtes benut met ‘n uitstalling wat hoogtepunte van hul komende eerste regstreekse virtuele veiling sal deel. Die uitstalling sal werke insluit van die opwindende internasionale veiling wat in Kaapstad sal plaasvind op 23 Oktober 2024. Die veiling sluit in, onder andere, gesogte werke deur Pablo Picasso, Auguste Renoir en Marc Chagall. Strauss and Co bied ‘n voorskou van uitsonderlike modernistiese en kontemporêre kuns wat opgeveil sal word op 12 November 2024 by die virtuele regstreekse veiling in Johannesburg.