Kom gesels saam op 26 Augustus om 18:00 in Jannie se Leeskamer, waar Bibi Slippers en Jolyn Phillips met Azille Coetzee in gesprek tree.

Hierdie is die eerste geleentheid in ons reeks wat opgedra is aan die die viering van 100 jaar van Afrikaans as amptelike taal – ’n taal wat diep wortels in uiteenlopende gemeenskappe het en wat met trots verskeie variëteite insluit. Ons skrywers laat met hul unieke stemme ’n blywende merk op die boekrol van Afrikaans.

Die meermalige Hertzogprys-wenner dr. D.F. Malherbe het reeds in 1924 gesê:

“Wie op die terrein van ’n volk se spreekwoordeskat werksaam is, moet by alle waters drink: by die wye see van die lewende volkspraak, by riviere en spruite, by die fonteine en syferplekke van die volk se verre verlede …”

Bespreek jou sitplek en kom maak los jou TAAL!

Kliek hier om jou plek te bespreek.

Taal: Afrikaans