AKKORDEONBOEKBINDING-WERKSWINKEL MET MEESTERBOEKKUNSTENAAR HELÉNE VAN ASWEGEN Saterdag en Sondag 25 en 26 Mei 09:00 – 15:00
Vir dié interessante tweedaagse werkswinkel delf ons in die fassinerende bindingstyl wat akkordeonboeke genoem word (ook bekend as leporello of konsertinaboeke). Dié unieke proses behels die vou van lang stroke papier in ’n sigsag-formasie, wat dan in ’n hardebladstruktuur met ’n reguit rug geplaas word. Wanneer dit ten volle oopgemaak is, kan al die bladsye tegelykertyd gesien word, wat vir kunstenaars ’n gunsteling-keuse is om hul werk in galerye uit te stal. Deelnemers aan die werkswinkel kan hul eie stempel op hul boeke afdruk met basiese lyntekeninge, collages of enige ander versierings.
Dié naweekwerkswinkel kos R1 000 en sluit al die nodige materiale in, asook verversings vir die dag.
Wat lê nog voor:
Dié werkswinkel is die begin van ’n opwindende trilogie, insluitend akkordeonboeke, hardebandbinding en laastens ’n solanderkissie – ’n pasgemaakte houerstruktuur waarin handgemaakte boeke gehou word. Al is dit nie verpligtend dat al drie werkswinkels bygewoon word nie, sal deelnemers dit dalk wil doen om te verseker hul vaardighede in boekbinding is uiteindelik van hoogstaande gehalte. Vir diegene wat al drie werkswinkels bywoon, sal daar ’n afslag van 40% vir die Solander-werkswinkel wees (R600).
E-pos vir Clara by events@oudeleeskamer om jou plek te bespreek!