Retta Blom het die perfekte lewe – op die oog af. ’n Wonderlike man wat geskenke aandra, ’n seun, ’n hond en haar droomhuis in ’n eksklusiewe buurt in Johannesburg. Met haar perfeksionistiese oog sien sy egter ’n klein krakie in die vernis raak en begin twyfel. Retta begin ondersoek instel en bevraagteken die konstruksie van haar lewe. Kan dit wees dat haar perfekte man al jare lank ’n donker geheim vir haar wegsteek? Dis tydens ’n Kaapse draai dat die leidrade in mekaar begin pas. Wie is Lauretta Blom wanneer haar wêreld moontlik onherroeplik kan verander?
Koste: R50 per persoon (springmielies en ’n koeldrank ingesluit)
Kliek hier om jou plek te bespreek. UITVERKOOP!
Taal: Afrikaans
