Die jeugroman Kompleks deur Louis Pretorius (Lapa, 2023) het sopas die Scheepersprys vir Jeugliteratuur losgeslaan. Dié prys word driejaarliks toegeken vir ’n werk in Afrikaans in enige genre gemik op tieners en jong volwassenes.

Die gelyknamige televisiereeks wat op ’n plaaslike stromingsdiens te sien is, is die voorloper van Pretorius se jeugroman. “Die reeks het sy ontstaan uit tienerwees en die onvermoë om te sê wat mens werklik voel; ’n kollektiewe geheue uit ons almal se grootword in die 90’s wat na 2019 verplaas is,” sê Louis wat saam met ander ook vir reekse soos Die Boekklub en Fynskrif verantwoordelik was.

Kom luister saam na ons gesprek oor hoe hierdie ligte dog verweefde drama, met ’n oorgangsreis en diep menslike temas, die sprong van draaiboek tot bekroonde boek gemaak het.

Met:

Louis Pretorius – Skrywer

Tinarie van Wyk Loots – Regisseur en welbekende aktrise

Armand Aucamp – Akteur

Kliek hier om jou plek te bespreek.

Taal: Afrikaans