Die klein- en grootskerm gons behoorlik van die reekse en films verwerk vanaf oorspronklike boeke. Sluit by ons aan op 14 November vanaf 18:00 in Jannie se Leeskamer vir die Boek tot Skerm reeks se tweede aflewering. Vaselinetjie (Tafelberg, 2004), die bekroonde boek deur Anoeschka von Meck, is as vollengte film (The Film Factory, 2017) verwerk deur Anoeschka en die regisseur- en draaiboekskrywerduo Corné en René van Rooyen. Sluit aan by Délani Spies vir ‘n gesprek tussen die skrywer en die duo vir ‘n agter-die-skerms-blik na die proses om hierdie vollengte film te skep. Die filmweergawe word as beste rolprent by die Silwerskermfees in 2017 bekroon en wen die titel Best Humanitarian Film by die Sedona Internasionale Filmfees in 2018.
Literêre Toekennings:
- Rapport/Jan Rabie-prys 2004
- MER-prys vir Jeugliteratuur 2004
- M-Net-prys vir ’n Afrikaanse teks in kort formaat 2005
- ATKV-Kinderboekprys graad 8–10
Klik asseblief hier om te bespreek.
Taal: Afrikaans