Jy word vriendelik uitgenooi na die boekbespreking van die helfte is jou nie vertel nie, die nuwe digbundel van Thérèse Bartman, uitgegee deur Naledi.

In hierdie bundel ondersoek Thérèse die noodsaak sowel as die beperkinge van die geskrewe woord. Sy plaas besondere klem op die ervarings van mense wat nie kon lees of skryf nie, of wie se stem deur die samelewing ontneem is. As deel van hierdie projek het Thérèse saam met Jitsvinger gewerk om unieke klankbane vir elf van haar gedigte te skep. Elke gedig het sy eie QR-kode in die bundel, waardeur die leser die poësie ook kan hóór.

Kom woon die bespreking by, onder leiding van Theo Kemp, op Saterdag, 4 Oktober vanaf 11:00 tot 12:30 in Jannie se Leeskamer.

Kliek hier om jou plek te bespreek.