Kom kuier saam met Louis Esterhuizen tydens sy gesprek met die skrywer, Riël Franzsen, oor sy tweede bundel, Die ongemak van daar weesop 26 Julie om 10:00. Franzsen se debuutbundel, Narokkonghet in 2015 verskyn.

’n Reeks skilderye van Giorgio de Chirico vorm die ruggraat van hierdie bundel. Die kunswerke beeld meestal nietige, eensame menslike figure op reuse-stadspleine uit in onheilspellende kleure. Die openingsgedig van elke afdeling vorm die kern van die temas wat later aan bod kom. Verskuilde kommentaar word dan op verskeie vraagstukke gelewer, onder meer ontmensliking en oorlog.

Kliek hier om jou plek te bespreek.

Taal: Afrikaans