Kom geniet ’n oggend saam met prof Dieter Holm, in gesprek met prof Dorothea van Zyl, ter bekendstelling van sy boeiende boek Elly Holm – Van Berlyn tot Hartbeespoort. Dié oudste seun van die baanbrekerkunstenaar, ’n deskundige op die gebied van hernubare energie, wys hier sy slag as woordvaardigeskrywer.

Elly en haar uiteenlopende kunswerke in verskillende media (waarvan voorbeelde gewys word) staan sentraal, maar saam met haar eggenoot doktor Erik Holm en hulle groot, talentvolle gesin. Haar opvattinge blyk ook uit talle gedigte, briewe en dikwels vermaaklike staaltjies teen die agtergrond van die twintigste-eeuse Duitse samelewing voor, gedurende en na twee groot wêreldoorloë, teenoor die totaal ander Suid-Afrika van die 1930’s en later.

Bespreek jou plek hier.

Taal: Afrikaans