Sluit by ons aan vir die bekendstelling van Faust deur Johann Wolfgang von Goethe, soos in Afrikaans vertaal deur Robert Schall op Donderdag 9 Mei vanaf 15:30 tot 17:00 in Jannie se Leeskamer. Die digter Bernard Odendaal gesels met die vertaler oor die uitdagings maar veral oor die groot plesier tydens die werk aan hierdie nuwe rymvertaling wat ten doel gehad het om die poëtiese kenmerke asook die humor van Goethe se teks weer te gee.

E-pos vir Délani by events@oudeleeskamer.org om jou plek te bespreek.