Wat weet jy van jou voorouers se reis na Suid-Afrika? Watter stories, tradisies en herinneringe leef steeds voort in jou familie?
Sluit by ons aan vir ’n boeiende gesprek tussen Carina van der Walt en Alwyn Roux oor Carina se tweede digbundel, Frankofiel. In hierdie persoonlike en poëtiese werk volg sy die spore van haar Franse voorouers vanaf Carcassonne en Parys tot in die Kaapse Wynland – ’n reis aangevuur deur nuuskierigheid, geskiedenis en liefde.
Alwyn Roux is ’n digter, akademikus en dosent in literatuurwetenskap en kreatiewe skryfkuns aan Unisa. Sy debuutbundel, Weerskyn (2024), is bekroon met die Eugene Marais-prys en was op die kortlys vir die Ingrid Jonker-prys.
Skrywer Carina van der Walt woon in Nederland. Haar debuut, Landluisteraar (2021), is benoem vir die kykNET-Rapportprys vir nie-fiksie. In Frankofiel verweef sy geskiedenis, herinnering en identiteit tot ’n aangrypende literêre reis.
Kom luister, gesels en ontdek dalk iets nuuts oor jou eie herkoms.
Bespreek jou sitplek hier.
Taal: Afrikaans
