Toenemende ontmensliking in ’n kuber-gedomineerde wêreld loop soos ’n elektriese draad deur Martina Klopper se tweede digbundel. In die eerste deel, “Bionies”, word menslike verhoudinge en selfs herinneringe herskik en omgeskakel in meganiese en elektroniese terme. In die tweede deel, “Biologies”, word die moeisame herstel na die menslike verwoord. Kuborg bied ’n leesavontuur op meer as een vlak. Die gedigte daag die leser ook uit om die masjienagtige in menslike terme te vertaal. Martina Klopper het aanvanklik musiek gestudeer en het later ’n meestersgraad in kreatiewe Skryfwerk behaal. Sy debuteer in 2010 met Nadoodse ondersoek en van haar gedigte het ook in versamelbundels verskyn. Sy woon op Koringberg in die Wes-Kaap. Martina sal met Jonathan Amid oor die digkuns, haar bundel Kuborg en die verhouding tussen mens en masjien gesels.

Woensdag 23 Oktober vanaf 15:30 tot 17:00 in Jannie se Leeskamer. 

Klik asseblief hier om te bespreek.

Taal: Afrikaans