Ons bied met trots die boekbekendstelling van Kwaailappies deur dr. Ronel van Oort op Saterdag 23 Augustus in Jannie se Leeskamer aan.
As afgetrede dosent aan die Universiteit van Noordwes het dr. Van Oort haar loopbaan aan navorsing oor die inklusiewe geskiedenis van Afrikaans gewy. In Kwaailappies blaas sy vir jong lesers lewe in hierdie storie – van Khoi-woorde en slaweverhale tot ghoema-musiek en die ontstaan van die Taalmonument.
Met kleurvolle illustrasies deur Maggie de Vos bied die boek ’n vars en toeganklike blik op waar Afrikaans regtig vandaan kom – deur stories, feite, kaarte en prettige wysies.
Kom ontmoet dr. Van Oort in gesprek met Magdel Vorster, hoor die stories agter die stories, en vier saam met ons die ryk erfenis van Afrikaans.
Kliek hier om jou plek te bespreek.
Taal: Afrikaans
