Sluit by ons aan vir die bekendstelling van Gert Coetzee se nuwe roman, Lens.
Coetzee is ’n veteraanjoernalis en oud-redakteur van die Volksblad (2015–2022). Met 35 jaar se ervaring in die nuusloopgrawe skryf hy met insig oor politieke veranderinge in Suid-Afrika in die laat 1980’s, asook oor wat kon gewees het.
Lens speel af tydens die politieke oorgangsjare (1988–1990). Die hoofkarakter, Chris Meyer, is ’n jong joernalis by Oggendspieël. Hy ondersoek op eie houtjie die dood van ’n prominente egpaar wat ’n dekade tevore in ’n motorongeluk gesterf het. Namate hy die raaiselagtige omstandighede probeer ontrafel, ontdek hy ’n verbintenis met die dubbele moord op dr. Robert en Jeanne-Cora Smit in 1977. Die woorde “RAU TEM”, wat teen die muur van die moordhuis geskryf was, speel ’n sleutelrol in die verhaal.
Kom luister na wat Coetzee oor sy boek te sê het en met ons gesels oor geskiedenis, geheime en die stories wat bly spook.
Jonathan Amid sal die gespreksleier wees.
Kliek hier om jou plek te bespreek.
Taal: Afrikaans
