Kom gesels saam op 25 November om 18:00 in Jannie se Leeskamer, waar prof. Louise Viljoen met Nathan Trantraal en Ryan Pedro in gesprek sal wees.

Die Jan Rabie-Rapportprys vir ’n debuut– of tweede prosawerk is hierdie jaar aan Nathan Trantraal toegeken vir Die man wattie kinnes vang. Dié werk word as narratief kompleks, met meesterlike visuele en literêre verteltegnieke beskryf.

Ryan Pedro het ná sy eerste lees van Trantraal se Chokers en survivors gedink dat hy ook ’n boek kan skryf wat vir iemand iewers iets kan beteken. Trantraal beskryf op sy beurt Pedro se werk as “craftsmanship vanne violin maker, ennie cool vanne underground hip-hop artist”.

“Ryan Pedro se Pienk ceramic-hondjies is ’n bundel wat die leefwêreld en trefwydte van Afrikaanse poësie verruim.” – Danie Marais

Kliek hier om jou plek te bespreek.

Taal: Afrikaans