Op Saterdag, 18 Julie, vier ons Mandela Dag tussen die kunswerke van ons huidige uitstalling. Vir 67 minute verken ons stories, ontdek nuwe wêrelde en geniet die wonder van boeke. Met een oog op ’n groot horlosie wat die 67 minute aftik, gaan ons lees, luister, droom, lag en op avonture gaan deur rympies en stories. Madiba het gesê, “lees stel ons in staat om na baie plekke te reis, baie mense te ontmoet en die wêreld te verstaan.”
Magdel Vorster, kinderboekambassadeur en -resensent, sal die leesmarathon lei. Met haar passie vir kinder- en jeugboeke en ervaring om jong lesers aan die wonder van boeke en stories bekend te stel, skep sy ’n leeservaring wat jou sal bybly. Een vir die boeke! In 67 minute is daar tyd vir ’n hele paar boeke deur ’n verskeidenheid skrywers.
Wie ken Meneer Haas ontmoet mnr Mandela deur Chris van Wyk, geïllustreer deur Paddy Bouma? Of wat van ’n rympie deur Philip de Vos of ’n Jaco Jacobs- of Bianca Flanders-storie? Helena Lochner se stories is ook altyd ’n gunsteling. Hierdie spesiale leesoggend is saamgestel vir kinders van 8–10 jaar, en ons nooi almal om deel te wees van hierdie besondere leesmarathon ter viering van Mandela se nalatenskap.
Klik hier to om jou plek te bespreek.
Taal: Afrikaans
