Sluit gerus by ons aan vir die opening van ons nuwe uitstalling op Woensdag 13 Maart om 18:00.
Merging Matter is ’n groep-uitstalling waarin die werk gesien kan word van kunstenaars wat
die wesenlikheid van skilderwerk en fotografie verken. In dié uitstalling delf ons in die
fassinerende verhouding tussen fotografie en skilderwerk en ontdek hoe dié twee mediums
mekaar kan ontmoet en naboots in hul gebruik van oppervlak. Ons word bekoor deur die
maniere waarop kunstenaars tegnieke, idees en visuele elemente van fotografie en
skilderwerk toepas om boeiende en stemmingsvolle werke te skep wat die grense tussen die
twee mediums laat vervaag.
Die kunstenaars sluit in: Peter Eastman, Vanessa Cowling, Matt
Slater, Nicole Clare Fraser, Strauss Louw en Garth Meyer.