Oude Leeskamer nooi u graag na ’n aand saam met die Suid-Afrikaanse kunstenaar, Marieke Kruger, die stigter van Outsider/Insider Prison Art Projects (O.I.P.A Projects), en Bertie Fourie, die tronkbewaarder, op Woensdag die 29ste Maart om 18h30 in ons galeryspasie.
Marieke Kruger het in 2015 die tronkkunswerksessies saam met Bertie Fourie as haar tronkbewaarder en assistent (hoof van sport en ontspanning) by Drakenstein Korrektiewe Dienste begin. Met spesialisering in teken en drukkuns, het hulle begin met 15 gevangenes wat spesiale belangstelling en talent getoon het. Hierdie werkswinkels het oor die jare gegroei met baie gevangenes wat in- en uitbeweeg soos hulle die tronk verlaat het, nadat hul individuele vonnisse afgehandel is. Ons huidige uitstalling, Om Terug Te Fluit, bevat droë naald-etse wat gemaak is deur Joseph Buys, wat een van O.I.P.A Projects’ se deelnemers is. Marieke en Bertie sal die gehoor deur hul ervaring van O.I.P.A Projects lei en in gesprek wees met twee ’buitestaander’ deelnemers, wat hul werk te sien en te koop sal hê. |
O.I.P.A Projects (29 Maart 2023)