Die veelbekroonde skrywer en dramaturg prof. Willem Anker is terug met ’n veelvlakkige en aangrypende novelle, Patmos (Quellerie). Die boek is geïnspireer deur Anker se gelyknamige toneelstuk wat in 2024 sy debuut gemaak het. Tertius Kapp sal in gesprek wees met Anker oor hierdie post-apokaliptiese verhaal.
Die verhaal fokus op die komplekse verhouding tussen ’n astronoom en ’n komponis. Terwyl die komponis teen sy eie toekoms probeer veg, probeer die astronoom en haar stom agtjarige seuntjie hul verlede vergeet. Saam vorm hulle ’n onwaarskynlike huishouding – een wat op ’n mespunt tussen vernietiging en vernuwing balanseer.
Sluit by ons aan vir hierdie boekbekendstelling op Woensdag 27 Augustus om 18:00 in Jannie se Leeskamer.
Kliek hier om jou plek te bespreek.
Taal: Afrikaans
