Sculpting Textual Bodies is ‘n groepuitstalling: kunstenaars was genooi om werk(e) te skep wat antwoord op ‘n teks-gebaseerde werk of werke van hul keuse. Ons het die kunstenaars gevra hoe taal en die geskrewe woord ‘n invloed uitoefen op hul werk – hetsy dit in die vorm van ‘n gedig, ‘n roman, die fisiese vorm van die teks self, die taal van kodering of a geskrewe passasie is. Dit gaan daaroor om ‘n kunswerk te skep wat ‘n interessante en prikkelende dialoog skep tussen die gekose teks en die afsonderlike kunsvorms. Kunstenaars was gevra om die persoonlike, intieme verhouding met spesifieke werke in ag te neem, gegewe hoe hierdie geskrewe werke dan beelde herroep, ‘n sin vir tekstuur en vorm laat geskied, of lae van betekenis help skep wat betref hul eie skeppende proses. Met hierdie uitstalling is die oogmerk om ‘n diepgaande ondersoek van die tussenspel en wisselwerking van teks en beeld, die woord en die visuele taal van verbeelding, daar te stel.

Sluit vanaf 17:00 by ons aan vir ‘n glas wyn, ‘n koue bier, en lekker kunstige atmosfeer!

Kunstenaars: Oliver Scarlin, Amy Rusch, Ernst van der Wal, Sitaara Stodel en Sivan Zeffertt.