Sluit by ons aan vir die boekbekendstelling van Frederick Botha se debuutkortverhaalbundel, Seuns weet, op Saterdag 13 Junie om 10:30 in Jannie se Leeskamer. In Seuns weet se verhale ontvou ’n jong wit gay Afrikaanse man se belewenis van sy seksualiteit, geloof, familiebande, vriendskap, skrywerskap en die maatskaplike werklikheid waarin hy hom bevind. Die uitgewer en Afrikaanse digter Fourie Botha gesels met die vryskutskrywer, fiksieredakteur, en doktor in Afrikaans en Nederlands Frederick Botha, wat sy meestersgraad in kreatiewe skryfkunde onder leiding van Alfred Schaffer en Willem Anker aan die Universiteit van Stellenbosch behaal het.

Bespreek jou plek hier. VOL BESPREEK!

Taal: Afrikaans