Sluit by ons aan op 20 Mei in Jannie se Leeskamer vir ons Skrywersaand met professor Louise Viljoen in gesprek met een van Afrikaans se mees geliefde en bekroonde romanskrywers, Ingrid Winterbach.

Louise Viljoen gesels met haar oor haar loopbaan as skrywer en kunstenaar, oor waar dit begin het, wie haar beïnvloed het, hoe dit verloop het en wat sy beskou as belangrike hoogtepunte sedert haar debuut met Klaaglied vir Koos in 1984. Winterbach se skrywersloopbaan, wat oor byna vier dekades strek, word gekenmerk nie net deur die omvang en waardering van haar werk nie, maar ook deur die talle bekronings wat dit ontvang het.

Joan Hambidge ag Winterbach “een van die belangrikste romanskrywers werksaam in Afrikaans”. Sy vergelyk Winterbach se “hantering van verskillende stylsoorte, die wisseling van toonaard, die samesnoering van die religieuse en primordiale” in haar 2021 roman, Voorouer. Pelgrim. Berg. met dié van Frederico Fellini se rolprentkuns.

Volbespreek!

Taal: Afrikaans