Oude Leeskamer kondig met trots aan die bekendstelling van bekroonde skrywer Ivan Vladislavic se The Near North, tesame met die terugkeer van geliefde skrywer Justin Fox, wie se Place: South African Literary Journeys onlangs ‘n vyfde druk kon geniet. Na Vladislavic so oortuigend en insigryk oor Johannesburg en die stadsruimte kon skryf in Portrait with Keys is The Near North Vladislavic op volle toere: hy keer terug na bekende temas met ‘n vars blik en enorme hart. Om die beurt rig Justin Fox die lens na binne en buite.

Hy bied ‘n unieke liefdesbrief opgedra aan die landskap van Suid-Afrika, een wat inspirasie vind in lesings van nege van SA se mees geliefde skrywers en hul sin van ruimte en plek. Die gesprek word gelei deur Jonathan Amid, wat vra hoe hierdie begaafde skrywers te werk gaan om ‘n sin van plek vas te vang wat so sentraal staan in hul afsonderlike skryfprojekte.

Sitplekke is beperk. E-pos vir Délani by events@oudeleeskamer.org om jou plek te bespreek.

The Near North word uitgegee deur Pan Macmillan

Place: South African Literary Journeys word uitgegee deur Umuzi