Die derde in ons reeks Skrywersaande bied die bekendstelling van nie slegs een nie maar twee aangrypende rillers: The Hidden deur Fiona Snyckers en Good Hope deur Nick Clelland. Beide romans speel af in of naby die hede, The Hidden in Amerika en Good Hope in ‘n ontstemmende weergawe van wat lesers as Kaapstad sal herken. Die skrywers bied ‘n skeppende blik van hoe vrees en hoop, geweld en bevryding, in more se wêreld mag lyk. Jonathan Amid sal die gesprek lei en diep delf in vraagstukke van genre, mag, plek en die vreespolitiek. Sluit by ons aan op Woensdag 15 Mei vanaf 17:30 tot 19:00 in Jannie se Leeskamer.

Sitplekke is beperk. E-pos vir Délani by events@oudeleeskamer.org om jou plek te bespreek.

The Hidden word uitgegee deur Pan Macmillan

Good Hope word uitgegee deur Karavan Press