Oude Leeskamer verwelkom graag ons volgende gas van die Jakes Gerwel/Oude Leeskamer-residensieprogram, Sihle Qwabe, in ons Skrywerskamer vanaf 25 April tot 9 Mei. In 2024 ontvang Sihle die K. Sello Duiker-huldigingsprys vir Literatuur vir sy debuutroman, The Resurrection. Hy is tans besig met sy volgende manuskrip en sal onder leiding van sy mentor by die Jakes Gerwel Stigting, Angela Briggs, sy besoek gebruik om sy nuutste manuskrip vir publikasie te slyp.
Sluit gerus by ons aan vir ons Skrywerskamer-praatjie om Sihle te ontmoet.
